Menu

Drikus Steenkamp - Jakes Tyres

Getuigskrif op Cooper ST Maxx Bande

Ek Drikus Steenkamp van Jakes Tyres, Douglas het bogenoemde produk gebruik op my Ford Ranger 3.2. Ek het 75000km op die bande gekry en die bande het nog 5mm rubber oorgehad. Die voertuig is oor die algemeen gebruik om kliënte te Sien, bande af te lewer en Myne in die omgewing te besoek.

Ek is baie tevrede met die bande se verbruik omdat ons paaie baie lelike klip en grond oppervlak is. Dit is ook die 2de stel ST Maxx wat ek op my voertuig het. Graag beveel ek hierdie bande aan vir enige iemand wat grond of klip paaie ry, omdat dit 'n versterkte karkas en sywal is.