Menu

Myle en Myle van Cooper liefd!

Desember 2015 na kilometers en kilometers van Groenriviermond see sand al kus langs stop ons effe benoud in Ceres. Ons kort dringend nuwe tekkies!!! 

 

Met ons splinter nuwe Coopers en gemoedsrus  is ons somme dadelik oppad na ons volgende avontuur. Berg op pas af gaan kamp ons in die Cederberge! 

 

Dankie!

 

Dankie vir al die mooi herinneringe waarheen julle ons gevat het en dan  weer veilig tuis besorg het. 

 

Van Kalahari Kamp tot Stadsjapie graskamp. Port Nolloth tot Musina, Agulhas tot Durban. Saam het ons die hele Suid Afrika gesien.

 

Skoolkar tot Bundu Bashing, Party Bus tot ambulans, Limo tot taxi! Noem dit! ons het dit gedoen! 

 

Julle was daar vir 5 jaar en 120000km. Dit was n fees! Maar nou moet ons amper groet, want dis tyd vir nuwe tekkies en nuwe avonture!